Wednesday, 23 May 2007

Vandag was goed...

Afrikaans poem by Genie

Vandag was goed
Jy het gelag
En ek kon luister verby myself
Na die lig wat borrel in jou asem
Jy het na my gekyk
Asof ek buite jou staan
Op ‘n afstand wat dit moontlik maak
Vir jou om my te sien

Vir ‘n wyle staan ons so
Ek in my lewe jy in jou eerste paar winterskoene
Wat ons vroegdag saam ontdek het
En my hart maak ‘n deining
Teen die skemerkom
Wat opbou teen die horison
Ek rol my liefde uit teen die nag ‘n rooi tapyt
Vir ‘n klein prins
Om mee te vlieg

Jy gooi jou arms oop
En spat die oomblik uitmekaar
Jou lyf rank op in myne
En die nag breek oop in ‘n duisend liggies
Wat borrel in jou asem

0 friendly banter: